Wie Ek Is
1. Vir Altyd (Na Na Na)
2. Vêr Van Jou
3. Wie Ek Is
4. Gooi Jou Arms Om My
5. Beter Sonder Jou
6. Wat Jy Aan My Doen
7. Kom Terug Na My
8. Altyd Was
9. Dis Hoe Jy
10. Nothing I Won't Do
11. Sonder Jou
12. Jy Kan Glo
Beskrywing:
Mozi Records het in net 'n paar jaar die Afrikaanse musiekwêreld op sy kop gekeer met twee van die suksevolste debute ooit. Eers was daar Bok van Blerk wat met sy album De la Rey 'n ongelooflike 198 000 albums verkoop het. Toe kom Lianie May met treffers soos Jy Soen My Nie Meer Nie en Vergeet My Nie en verkoop 110 000 albums. Een ding is seker: Johan Vorster en Sean Else van Mozi Records het 'n gawe om talent raak te sien!
En hier is hy: Vaughan Gardiner - Mozi Records se derde kunstenaar en een wat die belofte het om net so groot soos sy voorgangers te word.
Die album bevat slegs oorspronklike Afrikaanse liedjies. Van die liedjies is deur Johan geskryf, ander deur Vaughan en die res was 'n samewerking tussen die twee van hulle.
"Ek hoop hierdie album skep 'n nuwe musiek neiging. Dit is 'n unieke klank en hoewel dit na pop/rock neig, is daar tog klassieke elemente in wat dit 'n uitsonderlike klank gee," sê Vaughan. "Ek is baie tevrede met die album. Dit is wie ek is. Ek was nou betrokke van begin tot einde en kon my eie stempel daarop afdruk."
Die musiekregisseur van die album is Werner Beukes.
Dit was vir hom 'n groot voorreg om saam met Johan te werk. "Om saam met een van die beste en suksesvolste liedjieskrywers in die land te werk, is 'n ongelooflike ervaring. Ek het so baie by hom geleer en hy het my baie selfvertroue gegee. Nadat ek saam met Johan gewerk het, weet ek nou wat my vermoëns is."
Hy hoop mense luister na die album en kan hoor dat die album eie aan hom is. "Omdat ek so passie vir die musiek op die album het, hoop ek mense kan dit hoor en dit met my deel."





