Afrikanerhart

artist: 
Album: 

1. Tyd Om Te Trek
2. Afrikanerhart
3. Super Schalk
4. Brandewyn Het Nie Brieke Nie
5. Jou Pa Is Hier
6. Klaar Met My
7. Die Kaplyn
8. My Angel
9. Die Kleur Van My Vel
10. Seilvisskoffel
11. Boeregirl
12. Miss U.S.A
13. Nooit Weer Gesien Nie
14. Pa en Seun

Beskrywing:

Ná die sukses van De la Rey wat bykans 200 000 albums verkoop het, is Bok van Blerk terug met 'n nuwe album wat beloof om net so groot soos die vorige een te wees. Afrikanerhart is 'n album met vyftien oorspronklike snitte en wissel van sosiale kommentaar tot liedjies om op te jol.

Die titelsnit gaan sonder twyfel een van die treffers op die album wees. Afrikanerhart kom uit die musiekspel Ons Vir Jou wat deur Johan Vorster, Sean Else en Deon Opperman geskryf is. Op die CD-omslag staan daar: "Afrikanerhart is nie 'n lied wat roep na enige vorm van revolusie of opstand nie. Die lied kom uit die musiekspel Ons Vir Jou en al wat ons probeer sê is dat die Afrikaner ook gebloei het om Suid-Afrika te bou. Met respek vir alle kulture en hulle geskiedenis kan ons die land selfs sterker maak."

Die Kaplyn, geskryf deur Johan Vorster en Sean Else, vertel die verhaal van 'n man wat dertig jaar ná die Grensoorlog terugkyk en Kleur van My Vel spreek die kwessie van swart bemagtiging op 'n emosionele manier aan. Tyd Om Te Trek - die indrukwekkende video wys reeds op TV - spreek die saak van immigrasie aan en met dié liedjie sê Bok hy is hier om te bly, maar dat hy ook kan verstaan dat mense die land wil verlaat.

Aan die prettige kant is daar liedjies soos die skreeusnaakse Brandewyn Het Nie Brieke Nie, Super Schalk wat oor die rugbyspeler Schalk Burger gaan en Seilvis Skoffel wat spot met manne wat langs die viswaters spog oor hul groot vangs.

Pa en Seun, die sielvolle duet tussen Bok en Steve Hofmeyr is ook op die album. Die liedjie was voorheen net op die album Afrikaans Is Groot beskikbaar.

Bok het as sanger en liedjieskrywer baie gegroei sedert sy weghol debuut in 2006.

"Dit was nodig dat ons so lank moes wag met 'n tweede album," sê Bok. "Ek het in daardie tyd gegroei as kunstenaar en wou wag vir die regte tyd om 'n tweede album uit te bring. Ek is baie opgewonde oor die album en veral opgewonde oor die nuwe klank en neiging wat die album inslaan. Ons gaan vorentoe met hierdie album. Daar is van die liedjies wat snypunte aanraak waarby mense aanklank sal vind en daar is selfs 'n liefdes liedjie. Wie sou ooit kon raai dat Bok van Blerk 'n love song sal doen! Ons het hard gewerk aan die album en ek glo mense gaan dit net soveel, indien nie meer nie, as die vorige album geniet. Ek sien uit daarna om met die album te toer en die nuwe liedjies vir die mense te bring."

albumThums: 

User login