Kayla

Kayla Suid Afrika se nuutste jong kunstenaar

In 2013 stel Mozi Records iets heeltemal nuuts bekend aan die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf ‘n 14 jarige met ‘n stem soos sonskyn en ‘n skryftalent wat meeste net van kan droom. Na die sukses wat Sean Else en Mozi Records reeds behaal het met Bok van Blerk en Lianie May se debuut albums is hierdie jong sangeres reg vir groot dinge.

Op 15 Januarie 2013 het “Liefste Kayla” ‘n musikale jeug reeks op KykNET begin. Die reeks was die vertrekpunt van Kayla se musiek loopbaan en die medium om die jong kunstenaar en haar talent aan die publiek bekend te stel.

Kayla is met musiek in haar bloed gebore en het van kleutertyd al gewys dat sy ‘n spesiale talent het. Sy het by ‘n sangskool begin sing op 8 jarige ouderdom en gou het sy uitgestyg en wou meer doen en het begin skryf aan liedjies. Sy is bekend gestel aan Sean Else op 9 en dié het vir haar gesê om te wag tot sy ouer is. Op 13 jarige ouderdom was Kayla gereed en die Liefste Kayla reeks se episodes het begin vorm aanneem om die liedjies wat Kayla geskryf het! Kayla het ‘n natuurlike musikaliteit en liefde binne haar, wat sy wil deel met dié om haar.

Kayla se debuut album ‘Liefste Kayla’ is in Maart 2013 aan die mark bekend gestel, met meeste van die liedjies wat gehoor was in die reeks, is die CD op die rakke gesit met die gunsteling treffers op.
Die album praat met ‘n mark wat voorheen afgeskeep is in Suid Afrika. Afrikaanse musiek het sy volwaardige plek in die mark ingeneem en Kayla sing in Afrikaans en haar liedjies praat met die siel op ‘n manier wat jonk en oud kan verstaan en waardeer en so sal sy die skare van alle kante af lok.
Die meeste van die album se snitte is geskryf deur Kayla self. Vaughan Gardiner het ook geskryf vir die album en die vervaardiging gedoen. William Loots en Jaco Bezuidenhout is mede-skrywers op van die liedjies. Die album is vars en nuut met klanke wat vir seker nou gaan deel word van baie huishoudings in Suid Afrika.

Bietjie meer oor Kayla
Kayla is ‘n Bloemfonteinse meisie en is tans in Hoërskool Sentraal. Sy is baie life vir perde en gaan ry elke keer as sy die kans kry. Kayla is die oudste en sy en haar boetie is al twee musiek freaks en baie erg oor mekaar.
Haar gunsteling kleur is pers. Flieks en series kyk is bo-aan die top van haar ‘lekker’ lys. Jy kan vir Kayla omkoop met Ferrero Rocher en Cinnabon. Haar hondjie se naam is Della en eendag gaan sy meer honde as blomme op haar perde plaas he.

Mooi skoene of bootse kan Kayla nie verbyloop nie. Kayla hou van lag en doen dit baie! ‘n Positiewe uitkyk is belangrik vir haar en sy glo, hoe meer jy doen hoe meer kan jy doen. Skoolwerk is vir haar belangrik en streef om ‘n goeie punt te handhaaf.
Kayla het ‘n baie wye keuse in musieksmaak en varieer van 80’s country, rock, klassiek tot accapella. Haar grootste droom is om eendag haar musiek in Madison Square Garden te kan sing.

User login