Madge Booth van Sarie:”Die gewilde Afrikaanse sangeres Lianie May se nuutste album, Lank lewe die liefde sal voor die einde van die maand op die rakke wees. Dit is ‘n vrolike country dansalbum”.
Lianie May se langverwagte nuwe album, Lank lewe die liefde beloof om jou voete te laat jeuk vir die dansbaan! Dit is haar vierde album en volg op die sukses van haar vorige drie albums wat almal topverkopers was. Lianie is baie opgewonde oor haar nuwe bekendstelling:”Dit is ‘n lekker album waarvan mense baie gaan hou. As jy van die album Vergeet my nie gehou het, sal jy beslis mal wees oor Lank lewe die liefde.”
Lianie en Jay se twee duette , “In a moment like this” en “Toe stop my hart” het die hele land laat gons en hulle is een van die gewildste duetpare wat die land nog gesien het. Met die sukses van die twee liedjies, is daar geskaaf aan nog twee splinternuwe duette wat die publiek net ‘n voorsmakie gaan gee van Lianie en Jay se duetalbum wat net voor Kersfees beskikbaar sal wees!
Gesoute musiekvervaardigers het die verwerkings op die album gedoen, insluitende Robin Keily, Marius Brouwer, Byron Kunz, Juan “Floors” Oosthuizen en Deveroux van der Hooven. Riana Nel, die nuwe fondse van Coleske Artists, het vyf nuwe en oorspronklike liedjies vir die album geskryf, wat jou sal terugneem na die dae toe toffie appels en bioskope die nuutste gier was.
Lianie het ook weereens met die liedjie “Pleister van my hart” bewys dat sy ‘n liriekskrywer van formaat is. “Pleister van my hart” is die openingslied van die Afrikaanse rolprent, “Platteland” waarin Lianie die hoofrol vertolk.
Bok van Blerk se nuutste musiek video is beskikbaar op You Tube...Gaan loer gerus by http://www.youtube.com/watch?v=ftqm98Uj7EI na Tina van Wyk
Bok is ook tans besig met die skryf van die opvolg rugby album. Dit sal eersdaags opgeneem word.
In Julie maand sal Bok van Blerk en Peter Mitchell 'n Winterwyntoer doen deur die land.
Bok van Blerk vat hierdie winter die pad
Die winter is op ons en Bok van Blerk het net die ding om die ergste koue te verdryf. Hy vat in Julie die pad met sy Winter-Wyn-toer en hierdie gaan `n Bok wees wat min mense nog gesien het.
``Die winter vra vir lekker kuiers met `n glasie wyn in die hand voor `n kaggelvuur,“ sê hy. ``Die konserte wat ons beplan is anders as my ander konserte. Daar gaan net `n paar musikante saam met my op die verhoog wees en hoewel ons al die grootste treffers gaan speel, gaan hierdie `n baie meer intieme konsert wees.“
Peter Mitchell, die Kaapse sanger en musikant, gaan die verhoog met Bok deel en die konsert gaan nie net uit musiek bestaan nie, maar ook `n goeie skeut komedie hê.
``Ons gaan stories en grappe vertel en hoop dat ons mense die koue gaan laat weg lag,“ sê Bok.
Omdat Bok altyd met sy volle orkes optree, is dit nie altyd moontlik om in kleiner venues op te tree nie. Hierdie kleiner venues het nou `n gulde geleentheid om `n kunstenaar van Bok se statuur te kry om by hulle op te tree. Aanhangers kry ook die kans om Bok te sien soos nog nooit tevore.
Van die plekke wat al bespreek is, is Pottersplace in Jeffreysbaai, Die Blouhond in Linden, Johannesburg, Die Boer in Durbanville, Kaapstad, Dorpstraat Teater in Stellenbosch, die Kalahari Restaurant in George, Barkleystraat Teater in Uitenhage en die Barnyard-teaters in Alberton en Mosselbaai.
``Meeste van hierdie venues kan ongeveer 120 gaste neem,“ sê Bok. ``Die konserte gaan dus `n lekker kuieraand wees en `n goeie geleentheid vir my wees om mense van nader te leer ken. Ek sien uit na die winter op die oop pad.“
Vir meer navrae, kontak Lindi Roome by Mozi Records by 0861 11 6694
Optree datums:
Liedjieboer - Midrand - 5 Jul - Hennie 083 441 2644
Boma Barnyard - Alberton - 6 Jul - Ella 011 869 1555
Pierneef Teater - Pretoria - 8 Jul - Jopie 012 329-0709
Die Blou Hond - Linden - 9 Jul - Philip 011 782 4240
Dorpstraat Teater - Stellenbosch - 19 Jul - Anita 021 889 9258
Die Boer - Durbanville - 20/21 Jul - Margit 021 979 1911
Kalahari Restaurant - George - 22 Jul - Johan 044 874 5000
Barnyard Mosselbaai - 23 Jul - Ben 044 698 1022
Potters Place - Jeffreysbaai - 25 Jul - Callie 042 293 2500
Boeretroos Teater - Oos Londen - 26 Jul - Lara 043 740 2179
Bethulie Gereformeerde Kerksaal- 27 Jul - Petro 051 763 0177
Aasvoël Pub - Bloemfontein - 28 Jul - Lara 051 447 1066
Baie geluk aan Bok van Blerk en 34 Grade Suid met hul benoemings vir Tempo Toekennings vir 2011
STEM VIR JOU GUNSTELING IN DIE TEMPO TOEKENNINGS 2011!!
BOK VAN BLERK
- Musiekvideo van die Jaar vir My Kreet: TEM3 B
- Beste Kontemporere album vir My Kreet: TEM7 B
- Gewildste liedjie vir My Kreet : TEM16 D
34 GRADE SUID
-Musiekvideo van die Jaar Vir Val Sonder Jou: TEM3 A
SMS JOU KEUSE, NAAM EN VAN NA 32113.
Baie geluk aan Bok van Blerk en Lianie May wat elk 'n Vonk Toekenning ontvang het
Bok van Blerk wen die Vonk Toekenning vir Top Verkoper in 2009 met "Afrikanerhart"
Lianie May wen die Vonk Toekenning vir Beste Musiek Video met "Toe Stop My Hart"
ONS IS TROTS OP JULLE!!!
Hy het die land aan die praat gekry met sy album De la Rey en almal het gewonder of Bok van Blerk dit kan opvolg met nog ‘n treffer-album. Hy het. Afrikanerhart het gewys hy is een van die grootste name in Afrikaanse musiek en die Sama-toekenning wat hy in 2010 as die topverkoper in die land gewen het, het dit deur en deur bewys.
Maak jou nou reg vir My Kreet, Bok se derde album. ‘n Album wat reeds voor die vrystelling daarvan as die album van die jaar beskou word. Bok het ‘n gawe om met sy musiek die mense van ons mooi land se harte te raak. Hy groei met elke album as kunstenaar en kan met musiek verwoord wat mense voel. Dit is weer duidelik dat hy in murg en bloed ‘n patriotiese Suid-Afrikaner is en sal opstaan vir waarin hy glo.
Met liedjies soos My Kreet, Die Ou Klipkerkgebou, ‘n Goeie Man, Platteland, Tannie Tina van Wyk en Bloubul Shebeen gaan hy nie net weer die land aan die praat kry nie, hy gaan hulle ook aan die dans kry.
Bok se aanhangers is honger vir nog ‘n album en is angstig om te kyk wat hy volgende gaan doen. Die wag is verby - hier is My Kreet.
Afrikaans is Groot is terug met volume 3. Met die reuse sukses van volume 1 (95 000 eenhede) en volume 2 (72 000 eenhede) kan ons voorspel dat Afrikaans is Groot volume 3, weer ‘n reuse sukses gaan wees.
Die grootste verkopers en treffers van die afgelope jaar, saamgevat in ‘n ongelooflike versameling. In goeie ‘Afrikaans is Groot’ tradisie sluit volume 3 weer ‘n slinternuwe treffer in,’Voor die storm kom’ van Theuns Jordaan wat eksklusief op hierdie title beskikbaar is. Die treffer is geskryf deur die treffer skywer Johan Vorster tesame met Theuns Jordaan.
Die unieke versameling bevat nie minder nie as 21 treffers en sluit in; Engel van my hart-Juanita du Plessis, Juliet-Steve Hofmeyr, Toe stop my hart-Lianie May en Jay, Dans vir my-Eden, Net vir jou-Bobby van Jaarsveld, Kaplyn-Bok van Blerk
Die bekroonde Afrikaans is Groot produk gaan beslis weer die samestelling van die jaar wees met volume 3.
Sokkie is Groot
Sokkie is Groot gaan hierdie somer dié album wees wat by elke braai en sokkie gespeel gaan word.
Ná die sukses van hul reuse treffer Toe Stop My Hart is Lianie May en Jay terug met In a Moment Like This. Hierdie spliternuwe treffer is vir die eerste keer beskikbaar op Sokkie is Groot.
Sokkie is Groot is ‘n dubbel-CD en daar is ‘n rits nuwe en klassieke treffers wat almal op die dansvloer sal kry. Met Afrikaanse treffers soos Toe Stop My Hart (Lianie May en Jay), Spieëltjie (Bobby van Jaarsveld) en Baby Tjoklits (Gerhard Steyn) en Engelse treffers soos Bad Romance, I Need You Now, Your Love is My Drug en You Belong to Me het dit alles om dit ‘n reuse treffer te maak. Van Afrikaanse musiek se grootste name soos Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr en Bok van Blerk deel die album met internasionale supersterre soos, Roxette, Backstreet Boys en Belinda Carlisle.
Sokkie is Groot is beslis ‘n album in ‘n klas van sy eie!
Karlien van Jaarsveld – As die Gordyn Val
Daar is lank reeds groot opwinding oor Karlien van Jaarsveld se solo-debuut. En met goeie reg. Karlien is een van die opwindendste nuwe stemme in Afrikaanse musiek en met As die Gordyn Val wys sy waarom die wag die moeite werd was.
Die album bestaan uit vyftien snitte waarvan slegs twee nie spesiaal vir die album geskryf is nie. Dit is popmusiek op sy suiwerste met polsende klanke en sielvolle ballades en Karlien se sterk stem wat bydra tot die uitstekende eindproduk.
Die album skop af met Sweet Dreams wat `n besliste treffer gaan wees.
``Die koorgedeelte van Sweet Dreams is deur Johan Vorster en Vaughan Gardiner geskryf,“ vertel Karlien. ``Hulle het dit vir my gespeel en ek het een aand inspirasie gekry en die res van liedjie klaar geskryf. Ek het die volgende oggend dit vir hulle gespeel en die liedjie is toe so vir die album opgeneem.“
Van die ander op-en-wakker dansliedjies op die album is Lief Maar Nie Verlief, As die Gordyn Val en Ses Snare. Maar Karlien wys ook haar staal as balladesanger met liedjies soos Rooi Ligte en Sonder Jou.
``As die Gordyn Val beteken vir my baie,“ sê Karlien. ``Ek het baie emosioneel geword toe ek dit opgeneem het. Die liedjie, wat deur Johan geskryf is, vertel van ‘n man wie se persoonlikheid verander wanneer hy alleen by sy meisie is en dan nie meer die gawe ou is wat hy voor mense is nie. Ek dink dit is `n liedjie waarmee baie mense kan vereenselwig.“
Die twee bekende liedjies wat vir die album opgeneem is, is Leonard Cohen se Halleluja en Just Like Jesse James wat deur Cher bekend gemaak is.
``Die album sluit af met Halleluja omdat ek aan die einde van die album wil sê dat al die eer aan God kom. Ek is baie bevoorreg dat my pad met dié van Johan-hulle gekruis het en ek weet dat dit alles van die Here kom. Dit is my manier om dankie te sê.“
Verskeie van die liedjies kom uit Karlien se pen. ``Feëverhaal, Sonder Jou en Van Jaarsveldhartedief is van die liedjies wat ek geskryf het. Van Jaarsveldhartedief is geskryf vir Annatjie Rheeders, my broer Bobby se meisie en `n baie goeie vriendin van my, wat regtig al ons Van Jaarsvelds se harte gesteel het!“
Karlien se droom vir die album is dat die musiek mense aanraak. ``Enigiets wat Johan-hulle aanpak is `n sukses en ek hoop natuurlik dit gaan weer die geval wees.“
Daar het twee musiekregisseurs op die album gewerk. Juan ``Floors“ Oosthuizen was verantwoordelik vir die ballades en Robin Kielly was weer aan die stuur van die dansliedjies. ``Hulle is al twee meesters in wat hulle doen en ek is baie tevrede met die eindproduk,“ sê Karlien. Sean Else van Mozi Records was ook nou betrokke by die produksie van die album en sal die regisseur wees van die musiekvideo’s wat van liedjies op die album gemaak word.
Karlien glo die mark vir haar album is oud en jonk. ``Ouer mense sal dalk meer hou van liedjies soos Sonder Jou en Rooi Ligte en die jonger mense dalk meer hou van liedjies soos Sweet Dreams en Wil Jy Vry?, maar ek dink tog dit is ‘n album wat almal sal geniet.”
Die liedjies op die album is:
1 Sweet Dreams
2 Lief Maar Nie Verlief
3 As die Gordyn Val
4 Feëverhaal
5 Sonder Jou
6 Rooi Ligte
7 Niemand Kan Dit Doen
8 Wil Jy Vry?
9 Wie Hou Score?
10 Lief Vir Jou Geraak
11 Sê Wat Jy Wil Sê
12 VanJaarsveldhartedief
13 Ses Snare
14 Just Like Jesse James
15 Halleluja
Goi Anker vroeg volgende jaar saam met Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Lianie May, Vaughan Gardiner, Liza Brönner, Pietman, Henk Grinsell en vele meer...
Kuier op ons webtuiste: www.musiekunlimited.net
Maak gereed vir 'n cruise wat nie net onvergeetlik gaan wees nie, maar vol musiek en pret vir meer as net 3 dae....
...
HOOGTEPUNTE!!!
'n Reuse Afrikaans is Groot vertoning in die middel van die see...
Sokkie onder die sterre...
'n Beach Party by die watergat...
En vir diegene wat verlief en verlore is... Honeymooners cocktails terwyl die nagtelike musiek die wêreld stil maak.
Ons pub chronicles - iets wat julle beslis nie wil misloop nie!
- Hierdie is maar net om julle 'n idee te gee van al die pret, lag, sing en dans!! Hou ons Facebook page dop vir meer inligting wat vroeg volgende week beskikbaar wees!!
Cruise na Madagascar: 1 - 6 Feb 2011
1 Durban (South Africa) - 14:00
2 at sea - -
3 Tulear (Toliara, Madagascar) 13:00 -
4 Tulear (Toliara, Madagascar) - 13:00
5 at sea - -
6 Durban (South Africa) 07:30 -
Bespreek nou by Starlight Cruises 0860 11 44 11! Vir verdere inligting:
www.musiekunlimited.net














