Mozi Musiek is in 2005 gestig deur Sean Else en Johan Vorster .

Wat begin het as 'n droom vir twee liedjie skrywers, het ontwikkel tot 'n realiteit waarin 'n paar mense hulle droom kan uitleef om Afrikaanse musiek aan die mense (waar ook al) te bring!

Drie jaar terug het Johan en Sean geld bymekaar geskraap en 'n bouer in die studio gesit met 'n paar liedjies wat hulle vir hom geskryf. Hy het op daai oomblik in Burgersfort gewerk en die CD het baie stadig gegaan. 'n Jaar later, net voor die uitreiking van die CD, word daar op die nippertjie besluit om nog 'n liedjie op te sit...die lied was De la Rey en die bouer was Bok van Blerk .

In minder as agt maande na die hervrystelling van Del la Rey , het die album meer as 180 000 CD's verkoop! Bok van Blerk, Mozi Musiek en De la Rey het hulle name uitgekerf in Afrikaanse geskiedenis!

Tog, was daar twyfel, en baie mense het Bok en Mozi Musiek afgeskryf as "One hit wonders" . Maar met die onlangse vrystelling van die Rugby Kompilasie, "Ons vir jou Suid Afrika" , bewys hulle, hulle is definitief hier om te bly!

Bok sing die titel lied (Geskryf deur Johan en Sean) "Ons vir jou Suid Afrika" saam met Robbie Wessels . Die CD het meer as 45 000 CD's verkoop binne die eerste twee weke van vrystelling! Daar is klaar sprake dat dit groter gaan wees as De la Rey en word klaar op feeste en dorpe uit volle bors gesing. Kyk ook uit vir nog twee oorspronklike treffers deur Bok genaamd, "Wie Trou dan op 'n Final" en die huldeblyk aan radio legende Gerhard Viviers - "Spiekerish". Robbie het ook twee splinternuwe treffers en Theuns Jordaan gee 'n splinter nuwe bladjie aan David Kramer se legendariese lied, Haak hom Blokkies!" .

Die CD sluit ook treffers in van Coleske, Eden, Hugo, Thys die Bosveldklong, Lianie May en 'n krag lied deur Drie van die Bestes!

Bok van Blerk het ook onlangs 'n DVD opgeneem by Bluemoon in Nelspruit. Hierdie ongelooflike DVD sluit in al die treffers asook al die musiek video's en 'n onvergeetlike opname van DE LA REY op Loftus met meer as 22 000 mense wat in volle bors saamsing! As dit jou nie hoendervleis gee nie, sal niks doen nie!

Mozi Musiek het ook onlangs Suid Afrika bekend gestel aan die nuwe vroue sang sensasie; Lianie May met haar debuut CD, "Vergeet my nie" .

Na die eerste week in die mark het sy soveel oplae gemaak dat DKNT, Kwela, Rapport en Beeld dadelik onderhoude met haar gedoen het na hulle die CD gehoor het en die musiek video van "Vergeet my nie" gesien het!

Lianie het nou eers begin en gaan een van die grootste Afrikaanse kunstenaars nog word!


Gaan kyk gerus na al die cd's end dvd's op hierdie web blad!

Mozi Musiek  |  Kunstenaars  |   Albums  |  Nuwe Tunes  |   Besprekings  |  Kontak Ons
© Mozi Records 2007. All Rights Reserved. Hosted by InterImage Hosting